{{item.currency}} {{pricing}}





{{item.currency}} {{pricing}}



{{item.currency}} {{pricing}} - Out of Stock


Paul van Niekerk: Huwelikskamp

Die huweliksverykingsnaweek van 22 tot 25 Sept 2016 was vir my kosbaar omdat ek getuie kon wees van sewe vriende wat gedoop is en nuwe mense opgestaan het. My beker loop nog steeds oor. Die verryking van ons lewens en huwelik is van die Ontwerper en is onontbeerlik. Die liefde van Jesus was deur ons oë bevestig. Trane van blydskap het vrylik gevloei. Dawid sê daar is vir God een aanneemlike offer, 'n gebroke gees. Al hierdie was baie duidelik. Soos die aanbieders hul wel en weë met oorwinning aan ons blootgelê het kon ons Jesus se karakter waarneem. Alle eer aan ons Redder Jesus Christus!


Marianne Labuschagne: Huwelikskamp

Die Ontwerpershuwelikskampe is buitengewoon besonders.  Dit het al ons verwagtinge oortref, nie net is die verblyf puik nie, daar is ook keurige verrassings wat jou verbeelding aangryp en die kreatiwiteit in jou huwelik in aksie laat kom.  Die aanbieding van gesprekke is vars en oorspronklik met humor wat jou laat skaterlag vir jouself.  Daar is ruim plek gemaak vir romanse en om onthou-oomblike saam te bou.  Ai dit was lekker!  Ek as vrou het ook weer die geleentheid gekry om my man in sy posisie as hoof van ons huis te herstel, ons het ook weer mekaar se harte gehoor en saam gelag.  

As jy ook  skugter is soos ek was om op ‘n huwelikskamp te gaan, “ daar is mos niks fout met ons huwelik nie”….  Wat ‘n verrassing, dit is juis die goeie huwelike wat op huwelikskampe gaan, die wat wil uithou en aanhou deur dik en dun.

Die Ontwerpershuweliksgeleentheid is een van die beste kanse wat jy jou huweliksmaat en jou huwelik kan gee.  Kom onthou weer waarom jy die keuse gemaak het om jou lewe met hom te deel.

____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Felicia Barrett

Sooooo baie dankie vir 'n amazing naweek! Absoluut 'n huwelikseminaar in 'n ander klas!! Al die moeite, die detail, die liefde & omgee...nuwe vriende, huil, lag en soveel meer!

Verkwik gees, siel en liggaam - wat 'n awesome belewenis, ons verbond na 'n ander level toe geneem, dankie Abba!

'n Priceless belegging in enige huwelik!!

Blesss julle in oorvloed!!!

Back Back to top