{{item.currency}} {{pricing}}





{{item.currency}} {{pricing}} {{item.currency}} {{item.normalPrice}}



{{item.currency}} {{pricing}} - Out of Stock

Ek het as vier jarige seuntjie my hart vir die Here gegee en ek was vier jaar oud gewees toe ek my eerste speletjie “Diablo” op my nefie se rekenaar  gespeel het, vandag weet ek die satan het “BIG TIME” kom steel in verhoudings,  tyd en geld, Die demone en geeste in die speletjies het ‘n houvas op my siel en lewe gekry!

Van 2002 tot 2012 het ek elke dag vir +- 11 ure lank tot 2 uur  soggens speletjies gespeel omdat dit vir my ‘n verslawing was, 40 150 ure wat ek  gemors het in my lewe. Een van die speletjies se naam was F.E.A.R. en elke keer  as ek daardie speletjie gespeel het was ek so bang dat ek begin bewe het en nie  kon slaap nie. Ek was op ‘n stadium aan die begin van 2012 in die top 10 spelers  van die speletjie “Call of duty” gewees toe ek “online” gespeel het, en omdat ek  goed was, amper deel van die “admin” span in“Call of duty paintball”. Die speletjie het verbasend baie “dedication” gevat omdat daar van my verwag was om  sommige aande saam met my span te speel teen ander lande. Deur die jare het ek seker ± 250 speletjies gehad waarvan ek baie daarvan reeds klaar verkoop het  omdat ek die geld wou hê om ‘n “surround sound” vir my kamer te koop; “man  cage-soos ek daarvan hou om dit te noem”  waarop  ek die speletjies sou speel. Ek het toe meeste van my speletjies verkoop, maar binne 2 jaar het ek weer net soveel gehad.

Die waarde van my speletjies van 2002 tot 2012 is ± R34 000 sonder toerusting. My pa het vir my ‘n laptop van R11 000 gekoop om mee speletjies te speel, en ek het beplan om vir my ‘n nuwe laptop van Amerika af in te voer van R28 000. Prys die Here dat Hy my voor dit vry gemaak het, want ek het alreeds met vriende in Amerika gereël om die rekenaar vir my in te voer sodat ek nie invoer kostes hoef te betaal nie. My rekenaar se keybord van R400 “waarvoor ek nie eers geld gehad het nie”, een van die wêreld se beste rekenaar muise wat tans bestaan van R1300, ‘n tweede muis van R400 en interne rekenaar hardeware van ± R1000, net om my verslawing van rekenaar speletjies te voed het ek bereken op ± R76 100 . 

Alles het begin een aand, 5 Desember 2012 toe ek saam met my ma by haar vriendin gekuier het, sy het vertel oor die kurus wat sy doen in bevryding van sataniste uit die okkulte, en die Heilige Gees het my ore daardie aand oop gemaak om te luister, my aandag was 100% daar teenwoordig en ek het net geweet dit is wat ek gaan doen. Sy het onder andere vertel van al die simbole wat hulle in satanisme gebruik en die betekenisse daarvan. Oppad huis toe het my ma gevra of sy dit wat ek daai aand gehoor het vir my kan gaan wys, ek het ingestem en ons het voor die bord met die graffiti verby gery, die Heilige Gees het my oë oop gemaak en ek het besef van die tekens waaroor ons gepraat het en wat ek op die bord gesien het kom voor in baie van die speletjies wat ek speel. Ek het in trane uit gebars en ek het so erg begin huil my ma het van die pad af getrek en gevra of ek ok is, ek kon nie praat nie en het net my kop geskud om te wys ek is ok, die Here het vir my die speletjie “Alone in the dark” gewys waarin hierdie simbole voorkom en ek het daardie aand vir die Here hardop in die kar omverskoning gevra en gesê ek is jammer en ook die besluit geneem dat ek vir altyd klaar is met die gemors in my lewe. Die volgende oggend het ek aan my ma gaan vertel wat die vorige aand gebeur het, min het ek geweet dat sy oorlog verklaar het teen my speletjies en alreeds vanaf 1 November 2012 saam met 2 vriendinne begin bid het dat die Here self my sal oortuig van die gemors waarmee ek besig was. Dit was ‘n awesome oomblik gewees.

Ek het my games in ‘n boks gepak om te verkoop behalwe vir “Paradise City” en “18 Wheels of  Steel” want dit was volgens my onskuldige speletjies. Een aand toe ek 18 Wheels of Steel gepeel het merk ek op dat daar ‘n demoon agter op die trok se trailer is, en besef dat die onskuldige speletjie glad nie so onskuldig is nie. Daarna het ek “Paradise City” gespeer waar ek met karre rond gery het. In die speletjie het ek teen 180 km per uur gejaag en my oog het iets teen die muur in die straat se lig gevang. Ek het in die middel van die straat gestop, die kar omgedraai en gaan kyk wat ek gesien het. In een van die straatligte wat teen die muur geskyn het, het ek ‘n satanistiese teken op die muur gesien, soortgelyk aan wat my ma my gaan wys het en ek het finaal besluit ek is klaar met alle speletjies!

Verder het ek besluit om al die games te verkoop om die geld te gebruik om my fotografie besigheid te bou, ek het al my games op die internet ge-adverteer vir R2000 maar niks het verkoop nie en die Here het vir my gesê Hy sal voorsien. Ek het die Here toe gevra wat ek met die speletjies moet doen en Hy het gesê ek moet dit vat en in die vuur gooi en verbrand, die Here het vir my wel gesê ek moet my muise verkoop en die geld gebruik om bybels te koop en te versprei.


I have Destiny:
  
Die Here het vir my spesiaal die song “The Anthem” van Jesus Culture gegee.

I can hear the footsteps of my King
I can hear His heartbeat beckoning
In my darkness He has set me free
And now I hear the Spirit calling me

Wake up child
It's your time to shine 
You were born for such a time as this

I can hear a holy rumbling
I've begun to preach another King
Loosing chains and breaking down the walls
I want to hear the Father when He calls

This is the anthem of our generation
Here we are God, shake our nation
All we need is Your love 
You captivate me

I am royalty 
I have destiny
I have been set free
I'm gonna shape history


Ek het ook profetiese woord ontvang op 2 verskillende geleenthede, waar die Here gesê het: “It’s a calling for Spiritual Warfare” en Hy noem my  “Gideon” “Warrior”.  In my kas het my ma vir my 1 Tim 4:12-14 opgeplak: 
Laat niemand jou jonkheid verag nie, maar wees‘n voorbeeld vir die gelowiges in woord, in wandel, in 
liefde, in gees, in geloof, in reinheid. Totdat ek kom, moet jy aanhou met voorlesing, vermaning en 
lering. Verwaarloos nie die genadegawe wat in jou is nie, wat jou gegee is deur die profesie met die handoplegging van die ouderlinge.
 
En in Engels: 
Let no man despise thy youth; but be thou an example of the believers, in word, in conversation, in charity, in spirit, in faith, in purity. Till I come, give attendance to reading, to exhortation, to doctrine. Neglect not the gift  that is in thee, which was given thee by prophecy, with the laying on of the hands of the presbytery. 
Meditate upon these things; give thyself wholly to them; that thy profiting may appear to all.
 
Joh 8:36
As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.
 
Aan God al die Eer 
 
Amen!

Pierre Gildenhuys

Back Back to top