{{item.currency}} {{pricing}}





{{item.currency}} {{pricing}} {{item.currency}} {{item.normalPrice}}



{{item.currency}} {{pricing}} - Out of Stock

My kleindogter, van drie, trek 'n haar uit haar kop, kou dit dan en sluk dit in. Haarbolle kan vorm en 'n blokkasie in die spysverteringskanaal  veroorsaak. Ons was  bekommerd.  Van sy een jaar oud is krap sy haar ma baie seer as sy nie haar sin kry nie. Hierdie aggressiewe gedrag het ons almal baie gepla. Andersins is sy n lieftallige en vrolike dogtertjie en n groot vreugde in ons lewe!

By 'n biduur hoor ek dat die kinderrreeks Hello Kitty gekoppel is aan n eeu-oue Chinese kult. Dit is die simbool van n afgod met 'n Hello Kitty kop en n vroue lyf. Sy word vandag nog steeds aanbid. My kleindogter se beddegoed, klere, swemklere, handdoeke, eetgerei, sagte speelgoed, haarrekkies en nog vele meer het almal die Hello Kitty simbool op! Pastoor stel voor dat ons alles van Hello Kitty uit die huis verwyder vir minstens 'n maand. Ons kan dan sien of haar gedrag verander. Geleidelik gaan alles buitekamer toe. Haar Hello Kitty dvd's waarna sy elke dag kyk, word ook weggeneem. Ons is verras dat sy nie eenkeer daarvoor vra nie.

Juis in die tyd was sy baie moeilik in die restaurant en het sy haar Hello Kitty hempie aan!  Ek stel voor dat sy dit liewer uittrek want die katjie maak haar kwaai. Eers wou sy nie maar besluit tog sy wil 'n ander hempie aantrek. Gelukkig is daar altyd 'n ekstra stel klere byderhand. Tot ons verbasing verander haar bui dadelik en is sy ontspanne en eet rustig verder saam met ons. Sederdien sien ons selde dat sy hare eet en sy het opgehou om haar ma te krap! Sy aanvaar nou haar ouers se gesag en gooi nie meer 'n vreeslike tantrum as sy nie haar sin kry nie! Ons is so dankbaar teenoor die HERE dat die waarheid oor die Hello Kitty openbaar gemaak is.

Intussen is al die afgodssimbole in die buitekamer tot niet gemaak!  

Mag ons kleindogter se getuienis menige dogtertjies bevry.

Seenwense.

Back Back to top