{{item.currency}} {{pricing}}





{{item.currency}} {{pricing}} {{item.currency}} {{item.normalPrice}}



{{item.currency}} {{pricing}} - Out of Stock

Soos u alreeds agtergekom het, is ons fisies gestremd. Maar ons gees is gesond en gekoppel aan Jesus. Ons is bewus dat u ons met  ‘’bewondering’’ of  selfs ons met empatie beheen… oor ons fisiese toestand. Maar ek kan u verseker indien u net verby die gestremdheid kyk en ‘’die mens’’ raaksien… sal u verbaas wees, hoeveel diepte u in ons menswees sal ontdek. Omdat dit ons getuienis is, gaan u vinnig agterkom waar ons lojaliteite is…

Ons God is in beheer van ons albei se lewens!!

Dit is Hy wat ons met Sy liefde dra. Dit is Hy wat ons ‘’shower’’ met ‘’blessings’’… Dit is Hy wat die hoof van ons huis is… Dit is Hy wat ons vreugde is! 

Want… in September 2006 het ek (Christo) tot bekering gekom en my lewe onvoorwaardelik aan die Lewende God gegee en Hester het van kleintyd af ‘n spesiale band met Jesus.

Die hoorskrif van hierdie getuienis moet wees… GOD IS GETROU. Vanuit wêreld se beskouinge maak dit nie sin dat gestremdes trou nie…maar wat met ons gebeur het, is net vergunning van ‘n hoër Hand… Want by God is alles moontlik.  Twee weke voordat ek Hester ontmoet het, het ek tot God gebid met my vooropgestelde lysie ‘’hoe my vrou moet wees…’’ Toe ek vir Hester ontmoet, was daar natuurlik vrae…’’ hoekom Hester?’’ God het my tot ander insigte gelei en my met ‘n liefde gevul…  Soos baie verliefde paartjies, was ons ontmoeting seker ook ‘n sprokieverhaal op sy eie…. Van die  eerste ontmoeting tot die beplanning van die troue was twee weke… Ons is ‘n jaar later op 30ste April 2011 getroud.

Ons albei kan net getuig dat God waarlik getrou is aan Sy beloftes. Hy skenk Sy beloftes aan elkeen na eie omstandighede.  God het ons iets baie waardevol geskenk – ons huwelik – waardeur Sy Eer moet voortvloei… ongeag ons gestremdheid.  Om Sy beloftes te verkry en ervaar, moet ons eers in Sy genade lewe en tot Hom nader. Indien ons tot God bid, moet jou hart suiwer en hande rein wees… (Jakobus 4:8). God ondersoek eers die mens se hart voordat Hy Sy beloftes aan jou bevestig of gee.  Hierin moet ons eers die koninkryk van God en sy geregtigheid opsoek en DAN SAL al hierdie dinge vir ons bygevoeg word… Ons albei weet dat ons in Sy hande is en dat ons Koningskinders is.  Daaroor bied ons, ons lewens deur ons menswees om die koninkryk van God voor te stel. Dit is nie hoe ons fisies lyk nie, maar hoe ons lewens tot God se Eer vereer kan word.  Die VRAAG is dus, ‘’Hoe kan ek my lewe tot die uitbouing van Koninkryk van God gebruik word?’’  Ons nooi u uit om na die volgende lied te luister… (Maak u oë  toe, en gewaar die Gees van God na u hart?  En Gesels met Hom – Maak jou besluit…)

  • Sal jy op Hom vertrou?
  • Sal jy die fakkel vir die Koninkryk dra?
  • Ja! Wie sal… Sal jy?
Back Back to top